Nuusbriewe


2018-02-05
Bosveldnaweek 13 April


Social Singles Bosveldnaweek by Leopardsview Lodge 
Datums: Vrydag 13 April tot Sondag 15 April (2 aande)
Ons tweede Bosveldnaweek hierdie jaar by Leopardsview Lodge. Ons het 'n heerlike naweek daar deurgebring in Februarie en ons wil dit graag herhaal. Ons is afhanklik van ons lede om die plek vol te maak, aangesien ons die hele lodge huur. Nooi gerus enkellopende vriende van buite Pretoria om die naweek saam met ons te kom kuier.
Leopards View Lodge is op die Molotopad, ongeveer 29 km van Zambezirylaan (Sefako Makgatho Drive). Dit is ‘n private lodge wat spesiaal vir die Social Singles bespreek is vir die naweek.
Daar is 15 en-suite kamers beskikbaar, elkeen met 2 enkelbeddens in, so altesaam kan 30 mense in die kamers slaap.
Daar is ook staanplek vir karavane en tente op die grasperk reg langs die lodge. Uitmuntende ablusiefasiliteite.
Die lodge is beskikbaar vir ons van 10-uur af Vrydag 13 April tot Sondagmiddag 15 April 2-uur. 
Kamerindeling word gedoen op versoek, indien verkies en daarna op diskressie van die organiseerders.
Bespreek jou plek en bevestig asseblief per epos. Bankbesonderhede sal gestuur word. Besprekings bevestig met betaling. Dit blyk baie gewild te wees en ons verwag om die lodge volbespreek te he. Hierdie is ook ‘n gulde geleentheid vir ons lede wat ver woon en nie ons gereelde funksies kan bywoon nie.
Kostes: 2 aande @ R550.00
1 aand @ R300.00
Kampering 2 aande @ R200.00 
Kampering 1 aand @ R120.00
Dagbesoek @ R50.00 per dag
Datum: Vrydag 13 April tot Sondag 15 April (2 nagte)
Betaling: Jou plek sal as bevestig beskou word sodra jou volle bedrag betaal is. 
Bring saam: Beddegoed, kos, drank, versnaperinge, ys, vuurmaakhout, vuuraanstekers, eetgerei, braaitange, opskepbakke, borde, glase, koffiebeker, klere, swemklere, stapskoene, hoed, badhandoek, swemhandoek, verkyker, kamera, musiekinstrumente, dansskoene, sonbrandmiddel. Die wat het kan gerus seilstoele, sonsambrele, gazebos en koelbokse ook saambring.
Beskikbaar: yskaste, stoof, braaigeriewe,koffie en tee.
Vir navrae en besprekings kontak Jacoba Calitz 076 527 5720 of jacobacalitz@yahoo.com.