Newsletter


2018-12-10
Bosveldnaweek


Social Singles Bosveld Naweek          

 

22 tot 24 Februarie 2019

Ons Bosveldnaweek vind plaas van Vrydag 22 Februarie tot Sondag 24 Februarie 2019 by Leopards View Lodge op die Molotopad, ongeveer 29 km van Zambezirylaan (Sefako Makgatho Drive). Dit is ‘n private lodge wat spesiaal vir die Social Singles bespreek is vir die naweek

Daar is net 15 en-suite kamers, elkeen met 2 enkelbeddens in, so altesaam kan 30 mense in die kamers slaap.

Daar is ook staanplek vir karavane en tente op die grasperk reg langs die lodge. Uitmuntende ablusiefasiliteite.

Diegene wat die dag by die werk wil afvat Vrydag welkom om van 10-uur af aan te kom en te kuier tot Sondagmiddag 4-uur.

Dagbesoekers ook welkom vir Saterdag of Sondag.

Kamerindeling word gedoen op versoek, indien verkies en daarna op diskressie van die organiseerders.

Bespreek jou plek op ‘n Donderdagaand by die groep of bevestig per epos. Bankbesonderhede sal gestuur word. Besprekings bevestig met betaling.

Kostes:              R600.00 per persoon vir die 2 nagte (kamer om te deel)

                            R350.00 per persoon vir 1 nag (kamer om te deel)

                             R250.00 per persoon vir kampeerplek vir 2 nagte.

                            R50.00 per persoon vir dagbesoek.

Datum:             Vrydag 22 Februarie tot Sondag 24 Februarie 2019 (2 nagte)

Betaling:          Jou plek sal as bevestig beskou word sodra jou volle bedrag betaal is.  Volle bedrag betaalbaar voor of op 30 Januarie 2019.  FIRST COME FIRST SERVED!

Bring saam:    Kos, drank, versnaperinge, ys, eetgerei, braaitange, opskepbakke, borde, glase, koffiebeker, klere, swemklere, stapskoene, hoed, badhandoek, swemhandoek, verkyker, kamera, musiekinstrumente, dansskoene.

Beskikbaar: yskas, stoof, braaigeriewe, hout, koffie en tee.

Vir navrae en besprekings kontak Jacoba Calitz 076 527 5720 of jacobacalitz@yahoo.co