Newsletter


2020-02-06
Social Singles VIPs van nou af gratis toegang by weeklikse byeenkoms


Die Social Singles is op 20 April 4 jaar oud!

Om ons 4de verjaarsdag te vier nooi ons al ons ou en nuwe lede uit om ons weeklikse byeenkomste by te woon en saam met ou en nuwe vriende te kom kuier.

In die gees van die jaar 2020 verander ek ook die prysstruktuur met onmiddelike effek. Van nou af betaal nuwe lede R20.00 per weeklikse byeenkoms, totdat hulle 20 funksies bygewoon het en VIP-status kry, daarna gratis.

VIP-lede betaal niks, maar daar word van hulle verwag om nuwe lede te nooi na ons funksies toe.

Kontak my (Jacoba) asseblief op 076 527 5720 om te RSVP. Bevestig ook of ek jou op die Whatsapp chatgroep kan sit, waarop ons lighartig chat en RSVP vir funksies.

Registreer op www.socialsingles.co.za om ons nuusbriewe en uitnodigings te kry. LIKE ook ons Facebook bladsy Social Singles 40+ Events en sluit aan by ons Facebook groep Social Singles.

Ek sien uit om jou (weer) te verwelkom by een van ons funksies.