Nuusbriewe


2017-09-28
Upcoming events


 

Weeklikse byeenkoms Donderdagaand by Cocos (elke Donderdagaand)

Venue: Cocos
Castle Walksentrum

Rubensteinweg
Hoe laat: 7:00 nm
Drag: Smart casual/elegant – geen t-hemde of tekkies nie
Toegang: R50 

Weeklikse byeenkoms Vrydagaand by 60's Diner, Zambezi Mall
Venue: 60's Diner(Elke Vrydagaand)
Zambezi Mall (aan buitekant van China Mall)

Zambezirylaan, oos van die tolhek

Hoe laat: 7:00 nm
Drag: Smart casual/elegant – geen t-hemde of tekkies nie
Toegang: R50 

VIP-lede betaal ook nie die toegangsfooi op 'n Vrydagaand nie.

Betaal vir jou eie ete en drankies
Let asseblief daarop dat alles wat bestel word, vir elkeen se eie rekening is.

o Maak asseblief seker dat jou rekening betaal is voordat jy vertrek.
o Elke persoon ontvang ‘n naamplakker met ‘n nommer op. Alle bestellings word op hierdie nommer gedoen.

Garsfontein Mandjiedans Openingsaand Saterdag 3 Maart

Garsfontein Mandjiedans Openingsaand Saterdag 3 Maart 2018. Enkellopendes en paartjies welkom. Kom geniet weer elke Saterdagaand saam met ons. Let wel, hierdie is 'n splinternuwe dansklub en word bestuur deur Jacoba Calitz. Ons was baie gelukkig om die kontrak te kry om die Tuks Stoeisaal te huur nadat Anthea van Garsfontein Dansklub dit opgegee het. Garsfontein Mandjiedans het geen assosiasie met Garsfontein Dansklub of Anthea Dansklub nie.

Musiek op die openingsaand word verskaf deur Hannes Swart.

Let asseblief daarop dat daar geen sterk drank te koop sal wees nie. Daar sal koeldrank en bottels water te koop wees. Daar sal ook Boerewors rolletjies en pannekoek te koop wees. Gaste is welkom om hulle eie drank en koeldrank en water saam te bring, sowel as eetgoed. Ons sal ys en koffie en tee voorsien.

Spesiale aanbod: Bespreek en betaal voor of op Vrydag 23 Februarie om R70.00 'n kaartjie te betaal ipv R80.00. Kontak Jacoba 076 527 5720 vir bankbesonderhede.

Lojaliteitsprogram: Woon 5 danse by en kry 'n komplimentere kaartjie vir die 6de dans.

Nooi assebllief ander dansvriende om die aand saam met ons te kom geniet en Garsfontein Mandjiedans 'n weeklikse instelling te maak. LIKE asseblief ook ons Faceboek bladsy Garsfontein Mandjiedans. Ons sal gereeld fotos en spesiale geleenthede daarop plaas.

Bosveldnaweek by Leopardsview Lodge

Ons kamp en kuier weer van 13 tot 15 April by Leopardsview Lodge. Inligting op aparte epos. Kontak Jacoba of Elize gerus vir navrae.

Ons is trots op die kaliber van mense wat ons sosiale byeenkomste bywoon en wil graag benadruk dat dit die geheim van ons sukses is.

Nooi gerus enkellopende vriende en vriendinne saam om die aand saam met ons te kom geniet.
Moet asseblief nie ontmoedig voel om alleen daar op te daag nie – dit is immers ‘n enkellopende sosiale byeenkoms. Doen jouself ‘n guns and kom kuier ten minste een keer saam met ons. Jy sal gou agterkom dat die mense in die groep vriendelik en innemend is. Die geheim is om gereeld saam met ons te kuier sodat die ander lede jou kan leer ken.
Verdere inligting op www.socialsingles.co.za