129.232.177.2
VIP-program - Social Singles - Newsletter Single Club Singles Club 40+ Over Forty Forty Plus Pretoria nuwe vriende pretoria singles enkellopendes single tours new friends alleen Gauteng Dating Single Friendship Club Single Get-togethers Si
Newsletter


2016-08-18
VIP-program


Vir ons nuwe lede wat graag wil weet: waarvoor die R50.00 op 'n Donderdagaand?

Ek (Jacoba) en Johan doen baie moeite en gaan baie onkostes aan om gereeld interessante funksies vir julle te reel sodat ons so veel as moontlik enkellopendes kan betrek sodat julle mekaar kan ontmoet, met die oog op vriendskap en romanse.

Baiekeer moet funksies vooruit bespreek en betaal word. Ons dra die risiko van byvoorbeeld 'n braai wat uitreen. Musikante en venues vra ook vaste bedrae, maak nie saak hoeveel mense opdaag nie. By die Rockwood-teater bespreek en betaal ons byvoorbeeld 'n tafel met 10 sitplekke, voordat ons weet hoeveel kaartjies ons gaan verkoop. Dieselfde met die Bosveldnaweek. Ons bespreek en betaal die hele lodge, en dan probeer ons die mense kry om dit by te woon.

Waarop dit neerkom: Social Singles is 'n besigheid met inkomste en uitgawes wat nie noodwendig tegelykertyd gebeur nie. Die uitgawes gebeur gewoonlik voor die inkomste en ons moet die kontantvloei bestuur. Elke funksie werk ook nie op 'n wins uit nie, want ons het nie noodwendig elke keer genoeg getalle om die syfers te laat klop nie. Daarom maak ons staat op die Donderdagaande se inkomste om op te maak vir verliese op ander funksies, en ook om 'n 'kitty' op te bou sodat ons kan uitbrei op die funksies wat ons kan aanbied (veral die wat vooruit betaal moet word).

Verder moet ek en Johan  ook vergoed word vir die ure wat ons insit want soos enige ander besigheid betaal Social Singles ook lone. Daar is natuurlik ook ander oorhoofse koste soos die webwerf, advertensies, skryfbehoeftes, telefoononkostes, reiskoste, versnaperinge, pryse vir kompetisies en dies meer.

Ons het wel die VIP-program ontwikkel om gereelde bywoners 'n insentief te gee om die funksies by te woon. Enige iemand wat 20 funksies bywoon waarby ons sy of haar naam in die boek skryf en 'n betaling ontvang, word 'n VIP-lid en betaal nie meer R50.00 op Donderdae-aande nie, maar slegs R20.00. Dit beteken op die langtermyn is dit die moeite werd om 20 funksies by te woon om vir die afslag te kwalifiseer.

Ons hoop hierdie skrywe beantwoord die vrae. Skakel gerus met een van ons vir enige verdere navrae. Ons verwelkom ook voorstelle van funksies en enige wenke oor hoe om dit vir ons lede so aangenaam as moontlik te maak.