Nuusbriewe


2016-06-09
Databasis


Die doel van Social Singles is om enkellopende mense ouer as 40  te ontmoet in 'n veilige en neutrale omgewing. Jacoba Calitz en Elize van Niekerk doen baie moeite om dit teweeg te bring. Ons verwelkom ook graag voorstelle van ons lede van funksies wat hulle graag sou wou bywoon.

Alhoewel ons heelwat mense op ons databasis het, is nie almal aktief nie. Ons wil dit net graag hier benadruk dat ons nie 'n chatgroep of 'n internet gebaseerde ontmoetingsdiens is nie, Ons sukses is gebaseer op funksies wat ons lede bywoon.Ons wil nie 'n reuse databasis he van mense wat ons nie ken nie en nie deel is van die groep nie. 

Indien enige iemand op ons databasis nie ten minste een van ons sosiale funksies in enige drie-maande periode bywoon nie, aanvaar ons hy is nie meer enkellopend nie, of hy of sy stel nie verder belang om enige van ons funksies by te woon nie. Hy of sy sal dan van die databasis verwyder word.

Indien die persoon dan weer op ons databasis wil wees en uitnodigings na ons funksies wil ontvang, kan hy op die webwerf registreer of eenvoudig 'n funksie bywoon waar hy die registrasievorm kan voltooi.

Woon gerus een van ons sosiale funksies by. Ons verstaan almal kan nie ons weeklikse byeenkoms elke Donderdagaand bywoon nie en daarom reel ons ander funksies oor naweke en op vakansiedae. Die meeste funksies word lank voor die tyd in die UPCOMING EVENTS nuusbrief gelys vir ons lede se beplanning.

Ons is werklik 'n aangename groep mense en ons is al soos 'n groot familie. Hoekom eensaam by die huis sit as jy by ons nuwe vriende kan maak? Hegte vriendskappe is al gesmee binne die groep en daar het ook reeds 'n paar romanses ontwikkel. Dit is die ideale omgewing om 'n potensiele lewensmaat te ontmoet.

Ons verwelkom jou graag binnekort by een van ons sosiale funksies!