Nuusbriewe


2016-05-10
Whatsapp groepe


Daar is al van ons lede op die Social Singles Chatgroep en hulle gesels lekker met mekaar. Die eintlike doel van die groep is om grappies te maak, fotos van funksies op te sit, om aanwysings na venues toe te stuur en om net sommer te kommunikeer met ou en nuwe vriende.

Die Inspirations@ Social Singles groep is vir opbouende boodskappies.

Die Eventsgroep is vervang met 'n Broadcast-groep. Dit lyk of die boodskap direk van Jacoba af kom, maar dit gaan op een slag uit na almal toe. Alle RSVP's en antwoorde op die boodskap gaan ook direk na haar toe.

Verbode onderwerpe: Politiek, godsdiens (behalwe op Inspirationsgroep) en stout praatjies. Daar het nog een bygekom: moet asseblief nie waarskuwings van enige aard opsit nie. Dit is gewoonlik 'n HOAX. As jy voel jy moet mense waarsku, stuur dit afsonderlik na jou vriende toe asseblief. Ons wil dit nie op die chatgroep he nie.

Indien jy op die groepe wil wees, stuur 'n Whatsapp boodskap na Jacoba by 076 527 5720.

Indien jy nie meer op die groepe wil wees nie, kliek net op LEAVE GROUP of stuur boodskap na Jacoba toe (Broadcast-groep)

Onthou net asseblief hierdie groepe is slegs vir aktiewe lede. Enige iemand wat nie ten minste een maal in drie maande 'n funksie bywoon nie, sal afgehaal word. Ons is nie 'n on-line chatgroep nie.Ons ontmoet mense by funksies en leer mekaar so ken. Dit is baie effektief - ons aktiewe lede kan daarvan getuig.

Nooi gerus ook jou kwaliteit-enkellopende vriende om by ons in te skakel.